Ons, as studente van
Stellenbosch, dring aan op ‘n posisie vir onderrig in Afrikaans aan die
Universiteit Stellenbosch. Ons maak so aanspraak op ons plek as kinders van
Afrika in ‘n gees van samewerking en wedersydse respek. Ons verwerp enige
versoek wat daarop gemik is om Afrikaans as onderrigtaal uit te sluit in ‘n
land met ‘n veeltalige grondwet.
We, as
students of Stellenbosch, insist on a position for Afrikaans as language of tuition
at Stellenbosch University. By doing this, we stake our claim as children of
Africa in a spirit of cooperation and mutual respect. We oppose any attempt
aimed at excluding Afrikaans as language of instruction in a country with a
multilingual constitution.
Ek voel sterk oor hierdie onderwerp. Ek kan nie verstaan dat daar gestreef word na gelykheid deur Afrikaanse mense uit te sluit nie. Jy kan nie dit wat verkeerd was, regstel deur nog verkeerde aksies nie.