Ons, die inwoners van Graafwater en Omgewing, verklaar ons ernstige beswaar teen die voorgenome verhoging van elektrisiteittariewe deur die Cederberg Munisipaliteit.
- Nog ’n verhoging druk huishoudings en besighede verder in nood.
- Die Munisipaliteit moet die NERSA-verhoging self absorbeer.
- Inwoners van die Cederberg-distrik betaal reeds van die hoogste tariewe in die Wes-Kaap – ’n verdere verhoging is onvolhoubaar.
Ons eis ’n hersiening of afskaffing van die verhoging om ons gemeenskap en plaaslike ekonomie te beskerm.
Asseblief ja die pryse hou aan styg, niks word regtig verbeter in Graafwater nie en dan lyk dit vir my Graafwater is uitgekies tussen alle dorpe in SA om die meeste vir ure of dae sonder krag te moet sit. So vir wat betaal mens nou eintlikcen dan is daar oumensies wat gedurig sonder krag sit omdat hulle nie die nodige fondse het om krag te koop nie. Sassa geldjies is maar min.