Die doel van hierdie petisie teen die Wetsontwerp op
Onteiening en die Wetsontwerp
op die Regulering van Grondbesit is om publieke steun
te mobiliseer teen hierdie uiters gevaarlike en potensieel hoogs skadelike
voorgestelde wetgewing. Die werklike beweegrede agter die wetsontwerpe is om
instrumente te skep vir inpalming van grond en ook alle ander eiendom, sonder
vergoeding.
Die petisie is daarop gemik om soveel publieke steun teen
voorgenome grondgryp en staatsdiefstal van eiendom op te bou, dat die Parlement
sal afsien van albei hierdie wetsontwerpe en dit vir alle praktiese doeleindes
begrawe. SA moet 'n land van vryheid bly en mense moet nie bedreig word oor hul
grond en eiendom wat hulle regmatig en met hul sweet en geld verkry het nie.
Ditsem Nuus hoop om 250 000 elektroniese handtekeninge ter
ondersteuning van hierdie petisie te kry voor 30 April 2017 waarna ons die
petisie met die handtekeninge elektronies formeel aan die Parlement wil voorlê.
Taking land away from it's rightful owners without compensation is NOT democratic and is NOT freedom for all. According to our constitution the deeds of land determines the owner thereof.