JANO NEL 0

Laerskool Dalview Beheerliggaam

60 people have signed this petition. Add your name now!
JANO NEL 0 Comments
60 people have signed. Add your voice!
24%
Maxine K. signed just now
Adam B. signed just now

Geagte Ouer/Voog van Laerskool Dalview,

Petisie om verkiesing van nuwe beheerliggaam vir Laerskool Dalview

Graag vra ons dat alle ouers, voogde en persone met belange te Laerskool Dalview 'n tydjie sal neem en die onderstaande inligting sorgvuldig deur te lees en indien u sou saamstem u naam te voeg by ons lys sodat die petisie voorgelê kan word aan die nuwe hoof van Laerskool Dalview, Mnr. Chris Pretorius sowel as die Departement van Onderwys.

Sekere onreëlmatighede ten opsigte van die skool se finansiële verslae het in 2016 die lig gesien met die gevolg dat 'n ondersoekbeampte op 16 November 2016 aangestel is om die gerugte en stand van finansies te ondersoek. Die ondersoek is afgehandel en bevindinge is op 18 November 2016 aan Mnr. Eugene Nel wat dien as huidige voorsitter van die beheerliggaam voorgelê. Die volledige verslag is beskikbaar vir iedereen wat sou belangstel om dit te betrag.

Bevindinge wat gemaak is word kortliks hieronder gelys en beskryf:

  • Onvolledige, foutiewe en uitstaande jaarverslag (2015)

Daar is bevind dat die jaarverslag van 2015 onvolledig en met foutiewe bedrae geprosesseer is,bedrae verskuldig aan krediteure is oorgebring wat maandelikse salarisse insluit.

  • Verskaffer rekeninge

Die Pastel sisteem word nie reg benut nie en dit het tot gevolg dat seker verskaffers se fakture en betalings gedupliseer word.Sommige krediteure word baie laat betaal.

  • Kwitansies vir uitgawes

Gelde word aan personeel verskaf sonder die nodige maatreëls om kontrole te hou oor die besteding van die gelde, kwitansies word verskaf maar sonder enige verwysings van besteding.

  • Leerlingraad Kamp en fonds

Alhoewel die leerlingraad kamp in 2016 plaasgevind het is die inkomste en uitgawes daarvan alreeds in 2015 se finasiële jaar opgeteken wat die 2015 verslag beinvloed aangesien die bedrae nie reg is nie.

Ernstige ongeruimdhede tov ‘n personeellid se hantering van die 2015 & 2016 leerlingraad fonds is aan die lig gebring, en die gebrekkige hantering daarvan deur die BL is as ernstige kwessie geopper.

  • Betalings aan personeel

Sekere fondse word in personeel se persoonlike bank rekeninge gedeponeer wanneer hulle verantwoordelik is vir 'n toer of uitstappie en die gevolg is dat die geld bestee word in privaat hoedanighede aangesien nie genoegsame kontrole uitgeoefen word oor die besteding daarvan nie.

  • Kontant by funksies

Ongenoegsame beheer en kontrole deur die beheerliggaam om kontant verkope en kontant betalings by funksies en in klasse het tot gevolg dat geen rekord gehou kan word van enige kontant nie aangesien die Pastel sisteem nie benut word hiervoor nie. Kontant wat op die perseel gehou word plaas die skool ook onder risiko van inbrake en die ondersoek beampte het Smart Swipe voorgestel aan beheer liggaam om hierdie probleem op te los.

  • Bestellings en goedkeurings

Bestellings aan verskaffers word soms geplaas en goedgekeur deur dieselfde persoon sonder enige insae of goedkeuring deur 'n tweede persoon of beheerliggaam. Verder is slegs een persoon by magte om betalings te doen vanuit die skool se bankrekening terwyl twee persone na regte in beheer van betalings behoort te wees.

  • Kontrakte aan kennisse en familie lede van beheer liggaamslede

Daar word beweer dat sekere kontrakte toegeken word aan vriende en familie van die lede van die beheerliggaam wat tot gevolg het dat onregverdige prosesse gevolg word.

Voldoende rekord word nie gehou van hoe tenders en kontrakte in die afgelope 6 jaar toegeken is nie.

  • OOV fondsinsamelings en kos verkope tydens funksies

Onvoldoende kontrole en beheer oor die kontant en besteding van fondse tydens fondinsamelings en verkope tydens funksies.


Soos duidelik gesien kan word dra die huidige beheerliggaam glad nie u die ouers, u kind die leerder of die skool self se belange op die hart nie en kan ons selfs so vêr gaan om te sê dat wanbestuur aan die orde van die dag is. Onder die huidige bestuur het Laerskool Dalview 'n transformasie ondergaan van die top skool op alle vlakke in ons dorp na 'n skool wat gebuk gaan onder beskuldigings, skandale en skinderstories tot in so 'n mate dat verskeie leerders en ouers selfs besluit het om eerder na buurskole in die dorp te verskuif. Ons skool se getalle is drasties beinvloed hierdeur en van ons top studente en sportmense versterk nou ons buurskole soos duidelik gesien kon word die afgelope atletiek seisoen en interlaer byeenkoms.

Ons vra dus dat indien u 'n besorgde ouer is wat u kind se belange eerste stel, u, u stem sal laat hoor en die petisie teken sodat ons 'n demokratiese verkose beheerliggaam kan kies wat van ons skool weer die bastion van sukses kan maak soos in die verlede.

Let asb daarop dat die petisie nie ten doel stel om spesifieke persone uit te sonder nie en is geensins 'n persoonlike vendetta gemik op individue nie, maar wel 'n mosie van wantroue oor die bestuur van die skool deur die beheerliggaam as 'n eenheid gebasseer op konkrete feite.

U menings en ondersteuing in die verband kan 'n verskil maak en daarom vra ons dat u asseblief die petisie sal versprei aan enige persoon wat 'n belang mag hê in die saak. Indien u enige navrae wil rig is u welkom om 'n epos te stuur na jano@cjvcorpsafe.co.za.

By voorbaat dank,

Jano Nel











Share for Success

Comment

60

Signatures