Skip to main content

Status: Closed — this petition is no longer accepting signatures.

Laerskool Dalview Beheerliggaam

Laerskool Dalview Beheerliggaam

Closed — 57 supporters Verified

Final supporters

S
Someone
L
Liezle E.
N
Neels E.
R
Rudolf B.
A
Anoniem
L
lizelle w.
S
Someone
A
anoniem
S
Sanet D.
S
Steve D.
+47 more
JN
Started by JANO NEL 9 years, 5 months ago

Geagte Ouer/Voog van Laerskool Dalview,

Petisie om verkiesing van nuwe beheerliggaam vir Laerskool Dalview

Graag vra ons dat alle ouers, voogde en persone met belange te Laerskool Dalview 'n tydjie sal neem en die onderstaande inligting sorgvuldig deur te lees en indien u sou saamstem u naam te voeg by ons lys sodat die petisie voorgelê kan word aan die nuwe hoof van Laerskool Dalview, Mnr. Chris Pretorius sowel as die Departement van Onderwys.

Sekere onreëlmatighede ten opsigte van die skool se finansiële verslae het in 2016 die lig gesien met die gevolg dat 'n ondersoekbeampte op 16 November 2016 aangestel is om die gerugte en stand van finansies te ondersoek. Die ondersoek is afgehandel en bevindinge is op 18 November 2016 aan Mnr. Eugene Nel wat dien as huidige voorsitter van die beheerliggaam voorgelê. Die volledige verslag is beskikbaar vir iedereen wat sou belangstel om dit te betrag.

Bevindinge wat gemaak is word kortliks hieronder gelys en beskryf:

  • Onvolledige, foutiewe en uitstaande jaarverslag (2015)

Daar is bevind dat die jaarverslag van 2015 onvolledig en met foutiewe bedrae geprosesseer is,bedrae verskuldig aan krediteure is oorgebring wat maandelikse salarisse insluit.

  • Verskaffer rekeninge

Die Pastel sisteem word nie reg benut nie en dit het tot gevolg dat seker verskaffers se fakture en betalings gedupliseer word.Sommige krediteure word baie laat betaal.

  • Kwitansies vir uitgawes

Gelde word aan personeel verskaf sonder die nodige maatreëls om kontrole te hou oor die besteding van die gelde, kwitansies word verskaf maar sonder enige verwysings van besteding.

  • Leerlingraad Kamp en fonds

Alhoewel die leerlingraad kamp in 2016 plaasgevind het is die inkomste en uitgawes daarvan alreeds in 2015 se finasiële jaar opgeteken wat die 2015 verslag beinvloed aangesien die bedrae nie reg is nie.

Ernstige ongeruimdhede tov ‘n personeellid se hantering van die 2015 & 2016 leerlingraad fonds is aan die lig gebring, en die gebrekkige hantering daarvan deur die BL is as ernstige kwessie geopper.

  • Betalings aan personeel

Sekere fondse word in personeel se persoonlike bank rekeninge gedeponeer wanneer hulle verantwoordelik is vir 'n toer of uitstappie en die gevolg is dat die geld bestee word in privaat hoedanighede aangesien nie genoegsame kontrole uitgeoefen word oor die besteding daarvan nie.

  • Kontant by funksies

Ongenoegsame beheer en kontrole deur die beheerliggaam om kontant verkope en kontant betalings by funksies en in klasse het tot gevolg dat geen rekord gehou kan word van enige kontant nie aangesien die Pastel sisteem nie benut word hiervoor nie. Kontant wat op die perseel gehou word plaas die skool ook onder risiko van inbrake en die ondersoek beampte het Smart Swipe voorgestel aan beheer liggaam om hierdie probleem op te los.

  • Bestellings en goedkeurings

Bestellings aan verskaffers word soms geplaas en goedgekeur deur dieselfde persoon sonder enige insae of goedkeuring deur 'n tweede persoon of beheerliggaam. Verder is slegs een persoon by magte om betalings te doen vanuit die skool se bankrekening terwyl twee persone na regte in beheer van betalings behoort te wees.

  • Kontrakte aan kennisse en familie lede van beheer liggaamslede

Daar word beweer dat sekere kontrakte toegeken word aan vriende en familie van die lede van die beheerliggaam wat tot gevolg het dat onregverdige prosesse gevolg word.

Voldoende rekord word nie gehou van hoe tenders en kontrakte in die afgelope 6 jaar toegeken is nie.

  • OOV fondsinsamelings en kos verkope tydens funksies

Onvoldoende kontrole en beheer oor die kontant en besteding van fondse tydens fondinsamelings en verkope tydens funksies.


Soos duidelik gesien kan word dra die huidige beheerliggaam glad nie u die ouers, u kind die leerder of die skool self se belange op die hart nie en kan ons selfs so vêr gaan om te sê dat wanbestuur aan die orde van die dag is. Onder die huidige bestuur het Laerskool Dalview 'n transformasie ondergaan van die top skool op alle vlakke in ons dorp na 'n skool wat gebuk gaan onder beskuldigings, skandale en skinderstories tot in so 'n mate dat verskeie leerders en ouers selfs besluit het om eerder na buurskole in die dorp te verskuif. Ons skool se getalle is drasties beinvloed hierdeur en van ons top studente en sportmense versterk nou ons buurskole soos duidelik gesien kon word die afgelope atletiek seisoen en interlaer byeenkoms.

Ons vra dus dat indien u 'n besorgde ouer is wat u kind se belange eerste stel, u, u stem sal laat hoor en die petisie teken sodat ons 'n demokratiese verkose beheerliggaam kan kies wat van ons skool weer die bastion van sukses kan maak soos in die verlede.

Let asb daarop dat die petisie nie ten doel stel om spesifieke persone uit te sonder nie en is geensins 'n persoonlike vendetta gemik op individue nie, maar wel 'n mosie van wantroue oor die bestuur van die skool deur die beheerliggaam as 'n eenheid gebasseer op konkrete feite.

U menings en ondersteuing in die verband kan 'n verskil maak en daarom vra ons dat u asseblief die petisie sal versprei aan enige persoon wat 'n belang mag hê in die saak. Indien u enige navrae wil rig is u welkom om 'n epos te stuur na [email protected].

By voorbaat dank,

Jano Nel











Updates

February 12, 2017

Die stilte van die departement rakende die ondersoekverslag is frustrerend maar dit motiveer my net verder om aan te hou. Ek lees elke nuwe kommentar en dit bevestig dat ons gemeenskap nie langer bereid is om finansiële onreëlmatighede te aanvaar nie.

February 12, 2017

Seeing this level of support confirms that so many of you care about our children as deeply as I do. It is clear that we are no longer willing to accept the lack of transparency regarding our school funds.

28 Comments

A
Anoniem
9 years ago Featured

Ons ondersteun hierdie saak 101% maar wil asb anoniem bly sodat ons kinders nie in die toekoms benadeel kan word nie. Ons as ouers wil die stryd vir hulle stry en wil nie hé dat hulle die stryders in die klasse moet word nie.

S
Sarel Du Plessis
9 years ago Featured

Ek het n volledige avedavit opgetrek oor hulp met skoolfonds waarmee ek reeds vanaf 2015 besig is en net eenvoudig die deur gewys word agv beheerliggaam.

A
Anonymous
9 years ago Featured

N nuwe beheerliggaam kan nie skade doen nie. Dis skokkend om te hoor hoeveel agter die skerms gebeur. Geen wonder ons het so baie kinders verloor nie. Te veel stories wat versprei soos veldbrande. Onnodig en baie onprofessioneel.

M
Marisa Fourie
9 years ago Featured

Laerskool Dalview het ongelukkig in n sirkus verander. Diefstal. Onregverdigheid. Gatkruip. Net n paar te noem. Ons soek beter Bestuur. Gee almal n regverdige kans

J
Johan Viljoen
9 years ago Featured

Heeltemaal onaanvaarbaar die mense wat hulle hande in geldsakke indruk en vat wat nie aan hulle behoort moet n les geleer word .

J
JANO NEL · petition starter
9 years ago Featured

Trevor, in die eerste plek is ek glad nie bang vir die nagevolge wat die petisie mag teweegbring nie want ek weet vir 'n feit dat ek nie die enigste een is wat so daaroor voel nie. Tweedens het ek geen persoonlike vendettas nie, dit is bloot gebasseer op feite. Derdens kan ek nie die skool se naam meer skade berokken as wat alreeds aangerig is nie, na al die skandale wat alreeds plaasgevind het en tans ondersoek word is dit tyd dat die waarheid uitkom en ons weer van voor af kan begin bou aan 'n nuwe en positiewe beeld vir die skool. As ouer van leerlinge by die skool het ek die reg om my mening te lug en op te staan teenoor persone en of instansies wat hulle reg op 'n goeie onderrig kan belemmer. Drastiese stappe is soms nodig as konvensionele metodes nie werk nie.

L
Liezle Schulte Engelbrecht
9 years ago

Skokkend!!

N
Neels Engelbrecht
9 years ago

Van die eerste dag wat ons uitgevind het dat ons ons eersteling verwag was dit n uitgemaakte besluit om ons kinders in Dalview Laerskool in te skryf, dit was 11 jaar terug. Dit roer ons harte om hierdie verslag te lees. Ons MOES een van die moeilikste besluite neem verlede jaar om ons 3 kinders te skuif. Die besluit was nie alleenlik gebasieer op die bevindinge in die verslag genoem nie maar ook vir die rede dat die onderig nie op standard is nie. Dit is n duur les wat deur my kinders moet betaal word. Die welstand, groei en onderig is ongelukkig nie van belang nie. Laerskool Dalview ek glo en vertrou dat julle met die nuwe hoof en definitief n nuwe beheerligaam n nuwe blaaitjie sal draai. Ek hoop net regtig dat die nuwe hoof ook nie n "PEOPLE PLEASER" is nie en dat hy sy man sal staan en die skool sal lei om weer te wees wat dit was!!!!!

Share Petition

Don't stop at signing, share the petition link with friends to multiply our impact

Copy link or share directly

Instagram
QR Code