Pierre Cornelissen 0

Vredendal Tandartse se Tariewe Buitensporig Hoog

Show your support by signing this petition now
Pierre Cornelissen 0 Comments
0 people have signed. Add your voice!
0%

Volgens Denis, mediese fonds vir tandheelkundige dienste, wil die plaaslike (Vredendal) tandartse nie aan ‘n tandheelkundige netwerk behoort nie en kan dus ‘n tarief vra wat hulle sak pas. Twee jaar gelede was dit 35% meer, verlede jaar 45% en nou in 2016 is dit 55% meer as die aanbevole tariewe. Daar is ook nie die geleentheid om by enige van die tandartse te onderhandel vir beter tariewe nie - hulle staan saam. Ongelukkig met hierdie opgeblase tariewe kan die minder bevoorregtes en pensionarisse nie meer hierdie dienste bekostig nie – inderwaarheid, hulle word dan eintlik die basiese reg van bekostigbare tandheelkundige dienste ontneem; hulle is diegene wat die swaarste kry.

Dit het dalk tyd geword om Vredendal se plaaslike tandartse te boikot en Clanwilliam se tandarts te gaan besoek. Logisties gaan dit nie maklik wees nie, maar met die kroon van een tand kan jy bykans R2000 spaar.

As u voel dat u ook te veel betaal vir hierdie basiese dienste, teken hierdie petiesie; dit kan dalk gebruik word in 'n poging om die tariewe laer te maak; 25% bo die aanbevole tarief is redelik.

U naam en e-pos adres sal nie bekend gemaak word nie; dit bly die eiendom van hierdie petisie. U sal ook 'n e-pos kry om dankie te sê. Stuur dit aan vriende en familie in die omgewing wat dieselfde voel oor die hoë tariewe.

Dankie vir u stem. Dit word opreg waardeer.

Share for Success

Comment

Signature

No signatures yet. Be the first one!